Redakteur se opmerkings: Is die museum regtig die moeite werd om te besoek? Ja beslis. Veral as jy net 'n effense waardering vir en /of belangstelling in motors het.
Onthou dis 220 plus motors waarvan jy ongeveer 80 op 'n slag sien. Die uitstallings word gereeld geroteer, so jy nie sien nie met elke besoek dieselfde motors nie.
Die toegangsgeld gaan niemand ook ryk maak nie. Veral as jy sien hoeveel moeite word met die instandhouding van nie net die motors nie, maar ook die uitstallokale gedoen.
Hierdie motormuseum kry 'n entoesiastiese "ja gaan maak 'n draai" by my!